Luukse Gastehuis in Meyerton – The Village Guest House


As u opsoek is na goeie akkommodasie in Meyerton, kom bly gerus by The Village Guest House. The Village Guest House is 'n pragtige gastehuis geleë in Henley on Klip, Meyerton. Met die intree slag word jy bekoor met die mooi natuurlike omgewing, wat u sommer onmiddelik laat ontspan. Kom sien gerus ons pragtige gastehuis tydens u volgende besoek aan Henley on Klip of Meyerton, en bly oor in een van ons lieflike kamers of kothuise. Ons Vier Ster fasiliteite sal aan al u behoeftes voldoen, en ons professionele en vriendelike personeel sal u hartlik verwelkom en seker maak alles is tot u satisfaksie.

Kontak gerus The Village Guest House vandag vir meer inligting oor on gastehuis en die omgewing, en om 'n bespreking te maak vir u verblyf in Meyerton.

Akkommodasie en fasiliteite by The Village Guest House


Ons fasiliteite by The Village Guest House is modern, met 'n tydlose rustieke gevoel. Ons kamers is ten volle gemeubileerd en beskik oor al die belangrike benodighede vir gerieflike verblyf.

  • Akkommodasie: The Village Guest House bied 'n aantal kamers om van te kies wat aan u spesifieke behoeftes sal voldoen. Ons Bed-en-Ontbyt kamers sluit 'n heerlike ontbyt in, wat geniet kan word in ons pragtige al fresco styl tuin, of in ons gemaklike eetkamer. Ons selfsorg kamers sluit 'n ten volle toegeruste kombuis, waarin u gemaklik u eie etes kan voorberei. Die gastehuis bied ook braai fasiliteite wat gebruik kan word op aanvraag. Kontak The Village Guest House vandag vir meer inligting oor ons Bed-en-Ontbyt en Selfsorg kamers en pryse, en bespreek vandag u akkommodasie in Henley on Klip, Meyerton, by ons!
  • Ander fasiliteite: Ander fasiliteite by ons gastehuis sluit in 'n swembad (beskikbaar aan al ons oornag gaste), internet toegang, veilige parkering, DStv, lugverkoeling in die kamers, privaat pendeldiens, wasgoed dienste en die gebruik van Aranza Travel & Tours vir aktiwiteite in die omgewing.

Bespreek jul akkommodasie in Meyerton by The Village Guest House


Kontak The Village Guest House vandag om navraag te doen oor ons kamers, fasiliteite en dienste. Ons professionele en vriendelike span sal seker maak dat alles tot u satisfaksie is ten opsigte van die akkommodasie, spyseniering en fasiliteite. U kan rustig ontspan in u stylvolle kamer of langs die swembad terwyl ons span na alles omsien. Kyk gerus na ons webtuiste vir meer inligting, of kontak ons vandag.

Image Gallery

Below are some moments captured at our guesthouse.

The Pin Oaks Cottages

The Pin Oaks Cottages

The Pin Oaks Cottages

The Village Manor Suite 3

The Village Manor Suite 3

The Village Manor Suite 3

The Village Manor Suite 3

The Manor House - Apartment 2

The Manor House - Apartment 2

The Manor House - Suite 1

The Manor House - Suite 1

The Manor House - Suite 1

The Manor House - Suite 1

The Manor House - Suite 2

The Manor House - Suite 2

The Manor House - Suite 2

The Manor House - Suite 2

The Rose Cottage & Rosebud Room

Rosebud Room

Get in touch with us

Joan Pelser

T | +27 16 366 0707
C | +27 82 556 8518
F | +27 16 455 1947
E | info@villageguesthouse.co.za

Alternatively please complete the form and we'll be in contact as soon as possible:


Find Us